PRESTEER IN FISIESE WETENSKAPPE!



WAT MAAK DIE KWANTA-REEKS SO BESONDERS?
Drie uiters belangrike aspekte in die leer van Fisiese Wetenskappe, wat dikwels misgekyk word, word hierin aangespreek:


  • Fisiese Wetenskappe is 'n VAARDIGHEID eerder as kennis en verg baie oefening.
    Enige vaardigheid, soos motorbestuur, klavierspeel, tennis, ens., kan slegs bemeester word deur oefening � hoe meer jy oefen, hoe beter word jy. Om hierdie rede bevat die Kwanta meer as genoeg vrae, hoofsaaklik uit Nasionale Eksamen vraestelle vanaf 1990 tot 2012, asook voorbeelde van die Onderwysdepartement. Die moeiliker onderwerpe bevat meer vrae omdat dit meer oefening verg � bv. die 'kwantum' oor slegs die ewewigskonstante bevat meer as 100 vrae!
  • Benut linker- sowel as regterbrein
    'n Groot aantal studente is regterbrein studente, wat verveeld word in die Wetenskapklas of wat sukkel om die abstrakte begrippe te verstaan. Die DVD's wat die graad 11 en 12 boeke vergesel, bevat strokiesprente, animasies en demonstrasies, wat die regterbrein studente in staat stel om die moeilike en abstrakte begrippe te visualiseer. Die Kwanta maak dus van beide die linker- sowel as die regterbrein gebruik.
  • Opgedeel in klein, verteerbare, happiegrootte 'kwanta' � bondige verduidelikings
    Sommige studente verstik indien 'n groot hoeveelheid werk gedoen word. Die Kwanta is verdeel in klein, verteerbare, happiegrootte 'kwanta' � elke 'kwantum' bevat 'n kort en bondige opsomming van 'n spesifieke onderwerp, verryk met wenke, gevolg deur 'n oefening wat 'n groot hoeveelheid relevante vrae bevat. Die enigste wyse om 'n vaardigheid aan te leer is om 'n klein treetjie op 'n keer te neem en dit genoeg op 'n gereelde basis te oefen.
  • Stap-vir-stap antwoorde
    Stap-vir stap antwoorde op al die vrae agter in die boek. Selfs die veelvuldige keuse vrae se antwoorde word volledig verduidelik.

"Die Kwanta boeke het 'n baie groot rol gespeel in my sukses in Skeinat. Hulle maklike gebruik, omvattende notas en goed geordende vrae, maak studie vir die eksamen ’n plesier.”

Lees hier meer oor ons boeke en wat hulle vir jou kan doen om jou punte te verbeter en jou of jou kind se begrip van Fisiese Wetenskappe te bevorder.

KWANTA BOEKE

  • Grade 10 - English
  • Grade 11 - English
  • Grade 12 - English
  • Graad 10 - Afrikaans
  • Graad 11 - Afrikaans
  • Graad 12 - Afrikaans
Skywer: Miemie Pretorius